Questavest Afrika Huguenot Stoet is gelee buite Memel in die Noord-Oos Vrystaat in 'n streek waar dit 1700m+ bo seespieel is, met temperature wat in die winter val tot so laag as -15 grade Celsius.

Die stoetery word bedryf deur 'n vennootskap tussen Mnre Fred Vermaak en Ewald van Rensburg - 'n sake man van Pretoria. Fred is in direkte beheer van die boerdery belange en beskik oor meer as 35 jaar se ondervinding in die teel en vleis bedryf. Hy dien ook tans op Die Afrika Huguenot Telers Vereniging se raad.

Die oogmerk is om gehalte, veldaangepaste, funksioneel doeltreffende diere te teel wat lengte, hoogte, breedte, groei en loop vermoe het, en wat dus aangepas is in hierdie gebied. Die oogmerk is dus om koeie aan te hou wat elke jaar 'n kalf speen, 'n kalf wat groei tenminstens 'n kilogram 'n dag, met die gevolg, 'n speenkalf wat dus in die omgewing van 250kg+ speen. Dit verseker volhoubare vleisproduksie in die gebied. Bulle is onderworpe aan Veldbul SA toetse. 'n Baie belagrike teel riglyn is om vir melk in ons kudde te teel - 'n moeder met goeie melk, speen 'n goeie kalf.

Die Afrika Huguenot Telers Vereniging het 'n teelbeleid ingestel wat deur die stoet aanvaar is om diere te teel soos wat die oorspronklike teler dit saamgestel het. Huguenot beeste is 40 persent Afrikaner en 60 persent Charolais wat verseker dat vleissagtheid behoue bly soos wat verskeie toetse al gewys het dat die Afrikaner van die sagste en smaaklikste vleis het van alle rasse. Gehardheid was nog altyd 'n uitstaande kenmerk van die Afrikaner, waarvan die Afrikaner dan 40 persent van die Afrika Huguenot uitmaak. Die balans van 60 persent word verkry uit die Charolais met sy uitstaande kenmerke wat groei, bouvorm, voeromset, temperament asook vleis kwaliteit die balans van 'n baie goeie bees saamstel. 

Wat kan jy van 'n Afrika Huguenot verwag? - 'n Aantreklike, funksioneel doeltreffende dier met goeie geaardheid wat uitstekend presteer, waarmee suiwer geboer kan word, sonder dat ander rasse ingebring moet word om dit lonend te maak. Bulle wat uitstekend in kruisteel programme gebruik kan word en les bes, van die smaaklikste vleis wat op die verbruiker se bord geplaas kan word, wat baie hoog in aanvraag is by voerkrale en verwerkers van sulke karkasse.

From Questavest and our families, we would like to wish you and your family a Merry Christmas and a very happy, prosperous new year!

May this be a special time with loved ones!

                                          Kontak ons vir veld aangepaste diere, geteel in van die koudste dele in die Vrystaat!

                                                                          Fred Vermaak 082 335 6399 / 058 924 0671        

                                                                                Ewald van Rensburg 082 572 0053

                                                   Vind ons ook op Facebook onder die naam - Find us on Facebook under the name

                                                                              Questavest Afrika Huguenot Stoet/Stud

                                                                           www.facebook.com/QuestavestAfrikaHuguenot

                                                          Sien ook die webtuiste van die Vereniging - http://ahbv.yolasite.com vir meer


                                  Questavest Afrika Huguenot Stoet is onder die beskerming van die Namibiese Stoettelers Vereeniging.


Make a free website with Yola